Rugby: Blitsbokke moet halfeind in Toulouse haal
Rugby: Suid-Afrika speel die naweek teen die gasheer, Frankryk, Fidji en Amerika in die groepsfase van die Wêreldreeks-sewestoernooi in Toulouse. Die Blitsbokke moet die halfeindstryd haal om in die wedloop te bly om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys. Hulle is tans sewende op die punteleer weens ‘n teleurstellende reeks nadat hulle die afgelope jare een van die toonaangewende spanne was. Die toernooi in Toulouse is die voorlaaste een in die reeks, wat volgende naweek in Londen eindig.