Rugby: All Blacks en Japan onderteken ooreenkoms  

Rugby: Die ondertekening van ʼn ooreenkoms van verstandhouding tussen die beheerliggame van Japan en Nieu-Seeland sal die weg baan vir gereelde wedstryde tussen spanne van Nieu-Seeland se Super-rugby en Japan se Liga Een. Die ooreenkoms is volgens berigte daarop gemik om die spel in die Asiese Stille Oseaan-streek vir mans- sowel as vrouespanne te verbeter, en maak ook voorsiening vir meer gereelde wedstryde tussen die All Blacks en die Kersiebloeisels. Die uitvoerende hoof van Nieu-Seelandse Rugby, Mark Robinson, sê die ooreenkoms sal kyk na strategiese en sakegeleenthede.