Rugby: Rugby: Springbokke maak agt veranderings teen All Blacks

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het agt veranderings aan sy beginspan gemaak vir Vrydag se laaste Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen die All Blacks op Twickenham. Daar is ‘n nuwe slotpaar, Eben Etzebeth en Franco Mostert, terwyl die veteraan, Duane Vermeulen, in die nommer agt-trui begin. Canan Moodie skuif van vleuel na buitesenter, met André Esterhuizen wat binnesenter is. Faf de Klerk is weer op skrumskakel, Makazole Mapimpi en Kurt-Lee Arendse is die vleuels en Damian Willemse is heelagter. Afskoptyd is om half-agt die aand.