Ruan Nortje beseer, Rassie bring Kleyn in

Rugby: Die Wêreldbeker-wenner, die slot Jean Kleyn, sluit in Edinburgh by die Springbokke aan as plaasvervanger vir Ruan Nortjé, wat gister tydens oefening sy been beseer het. Die 31-jarge Kleyn, wat verlede jaar sy sewende toets vir die Springbokke in die Wêreldbeker-eindstryd teen Nieu-Seeland in Frankryk gespeel het, maak die eerste keer hierdie seisoen sy terugkeer na die nasionale span. Nortjé het beïndruk toe die Bokke vanjaar die Rugbykampioenskap ingepalm het. Afrigter Rassie Erasmus kondig sy wedstrydgroep vir die toets teen Skotland môre aan.