Ruacana wek lekker op, vloei is baie sterk

Die Kunenerivier loop tans geweldig sterk by Ruacana, en loop teen 427,5 kubieke meter per sekonde gevloei, na goeie reën in Angola. Volgens die nuutste vloedverslag het die Zambezirivier by Katima Mulilo gister ‘n watervlak van 1,71m aangeteken, ‘n effense toename vanaf die vorige dag se lesing van 1,70m. Die Okavangorivier by Rundu het 4cm laer gevloei en 5.75m aangeteken. Die Benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift daal steeds en watervlakke van onderskeidelik 39cm en 55cm is gemeet.