Ruacana vertoon goed op die oomblik

Daar word beaam dat die Ruacana-hidroëlektriese aanleg op die huidige stadium uiters goed vertoon. Die laaste opdatering wat NamPower deurgegee het, het 643,45 kubieke meter per sekonde aangedui maar, daar word bespiegel dat dit tans hoër kan wees as gevolg van uiters goeie reën in die opvangsgebied in die Angolese hoogland. Vlakke by die Epupa-valle is ook baie hoog vir die tyd van die jaar en daar is talle besoekers wat na die water-skouspel gaan kyk. Ruacana kan nie elektrisiteit berg nie maar, opwekking is op die oomblik baie goed wat druk op NamPower verlig.