Ruacana verskaf 60% van Namibiese elektrisiteit na goeie reën
NamPower het aan 95 persent van die land se kragaanvraag voldoen, aangespoor deur die Ruacana-hidroëleketriese aanleg wat 60 persent van die behoefte voorsien het. Volgens The Brief, het Ruacana die afgelope twee weke 347 megawatt elektrisiteit 24 uur per dag opgewek. Die publikasie berig dat Ruacana op volle kapasiteit die afgelope twee weke geloop het. Daar was goeie neerslae in die opvangsgebied in Angola en intussen is die sluise van die Gove-dam op 11 April oopgetrek met die water wat Ruacana bereik het. Vloei het ‘n hoogtepunt van 928 kubieke meter per sekonde op 16 April bereik. Namibië voer ‘n totaal van 460 megawatt in van streekskragnutsdienste in sy strewe om aan die land se daaglikse energiebehoeftes van gemiddeld 500 megawatt te voldoen.