Ru-diamant produksie neem af – hoekom?
Die De Beers-groep berig dat die produksie van ru-diamante in die tweede kwartaal van die jaar met 15 persent afgeneem het tot 6,4 miljoen karaat. Dit weerspieël hoofsaaklik die laer produksievoorligting wat in die eerste kwartaal se produksieverslag aangekondig is, in reaksie op die hoër as normale vlakke van voorraad in die middelstroom. ‘n Uitgerekte herstel in vraag word ook verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, die hoof van beleggings by Simonis Storm, wat die kommerwekkende ontwikkeling verduidelik.