Rowers teiken motors by verkeersligte

Die polisie in die Oshana-streek versoek bestuurders versoek om waaksaam te wees om hinderlae deur rowers by verkeersligte te voorkom. Nampol se gemeenskapsake-beampte vir Oshana, inspekteur Thomas Aiyambo, sê hulle het gedurende Desember verskeie verslae ontvang van misdadigers wat insittendes van voertuie beroof of probeer beroof terwyl hulle by verkeersligte wag. Geen arrestasies is nog in verband met hierdie voorvalle gemaak nie. Aiyambo sê motoriste moenie hul vensters heeltemal oopmaak nie en moet seker maak dat hul motors se deure gesluit is wanneer hulle by verkeersligte wag.