Rower geskiet na hy Stadspolisie-lid probeer beroof
Twee gewapende rowers het hulle vasgeloop toe hulle Vrydagaand ‘n man en ‘n vrou by hulle voertuig met messe probeer beroof het. Volgens die mag is die vrou deur een met ‘n mes aangehou en haar goed is gesteel. Toe die ander rower na die man beweeg om hom te beroof het die man, ‘n lid van die Windhoek Stadspolisie, sy dienspistool uitgehaal en in die gestoei is die rower doodgeskiet. Die polisie sê ‘n moord-dossier is oopgemaak en die ondersoek duur voort.