Rough and Tough-tydren help weer kankerlyers
‘n Stofstorm van hoop in die vorm van die jaarlikse Rough and Tough-saamtrek is reeds besig om alle verwagtinge te oortref. Die saamtrek vind van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om nog ‘n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die Rough and Tough-tydren is ‘n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat ‘n afstand van byna 1 000 km aflê. Dit eindig vanjaar by Madisa-kamp. Meer as 247 mense, 74 tydrenmotors en 28 ondersteuningsvoertuie het ingeskryf. Hierdie unieke motor- en reisgeleentheid ten bate van kanker is deur die Baard-gesin geskep en het in sy vyf-jaar-lange bestaan reeds meer as 2 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gee meer inligting.