Roubeklaers sterf in rivierboot-ramp

Minstens 58 begrafnisgangers is dood nadat ‘n oorlaaide rivierboot in die Sentraal-Afrikaanse Republiek se hoofstad Bangui omgeslaan het. Volgens ooggetuies en video’s op sosiale media was daar meer as 300 mense op die houtboot toe dit in die Mpoko-rivier gesink het. Internasionale media berig die vaartuig was op pad na die begrafnis van die stamhoof van ‘n dorp sowat 45-kilometer van Bangui. Reddingsdienste het 40 minute na die ramp opgedaag.