Rotte hou partytjie met polisie se dagga

Rotte wat ‘n bewysekamer in ‘n vervalle polisiekantoor in New Orleans ingedring het, vier fees op gekonfiskeerde dagga. Volgens polisie-superintendent Anne Kirkpatrick is die verouderde kantore so vervalle en vol peste dat die knaagdiere by die geslote kamer kon inkom. Sy het aan stadsraadslede gesê die rotte is almal in ‘n beswyming. Baie mense ondervind ‘n gevoel van ontspanning en euforie met die dwelm en dit gebeur waarskynlik ook met die rotte.