Rössing Uranium genereer N$6,4 miljard in 2023
Die uraan mynbedrywighede in die land bly in die nuus. Onlangs was daar ‘n hoë profiel vergadering in Mariental oor die uitdagings met die moontlike myn in die Stampriet-omgewing. Landbouminister Calle Schlettwein het by die vergadering gesê dit is uiters belangrik om die area se water te beskerm. Net na dit het Rössing Uranium hulle volhoubaarheid-verslag vir 2023 bekendgestel. Volgens die verslag het die myn verlede jaar 6,4 miljard Namibiese dollar gegenereer. Steve Galloway, voorsitter van Rössing Uranium se raad, het by die geleentheid gepraat en sê uraanmyn-bedrywighede is van globale belang.