Rössing Marathon vanjaar groter as ooit

Die Rössing Marathon-kampioenskap en pretstap wat Saterdag in Swakopmund plaasvind, het alle verwagtinge oortref met inskrywings wat verdubbel het. Die geleentheid skop om 7-uur die oggend af by die tennisbane. Elite-hardlopers asook amateurs gaan deelneem aan die 42km marathon, die 21km Frank Slabbert-halfmarathon, die 10km hardloop of 5km pretstap. Die marathon is Rössing Uranium se sport vlagskipgeleentheid, en in samewerking met die Swakop Striders hardloop-klub, die grootste geleentheid op die Erongo-streek se sportkalender. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fikameni Mathias, die woordvoerder van Rössing Uranium, wat belangrike inligting deel.