Rosatom wil kernkrag-aanleg hier oprig, besit, bestuur en bedryf
Rusland se kernreus Rosatom oorweeg dit om ‘n kernkrag-aanleg in Namibië op te rig. Rosatom is in die land deur sy Uranium One-filiaal wat uraan in die Stampriet-bekken wil ontgin. Die maatskappy se bestuurder vir Namibië Viktor Riedel sê hulle sal in gesprek met die regering hieroor tree. Hy verduidelik die plan wat sal beteken Rosatom besit en bedryf die aanleg.