Rosalynn Carter, vrou van Jimmy Carter, sterf op 96
Die vrou van oud-president Jimmy Carter, Rosalynn, is dood op die ouderdom van 96. Carter lewe nog en is 99 jaar oud en die twee het op 7 Julie vanjaar, hulle 77ste huweliksherdenking gevier. Carter het op hulle 75ste herdenking, twee jaar gelede met Amerikaanse media gepraat oor hoe die twee van hulle konflik hanteer. Hy sê die Bybel help.