Rosa Namises wil ook president wees

Nog ‘n onafhanklike kandidaat het haar naam in die hoed gegooi vir die Namibiese presidensie. Die bekende maatskaplike aktivis Rosa Namises sal môre om tien-uur amptelik die aankondiging maak in Dolam, Katutura. Namises sluit aan by Job Amupanda van die Affirmative Repositioning-beweging en Ally Angula, sakevrou en voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die finansministerie. Namibiërs sal op 27 November na die stembus gaan.