Rosa Namises staan nou vir Voice of Namibia

Die sosiale aktivis Rosa Namises, wat vroeër aangekondig het sy staan as onafhanklike presidentskandidaat, het nou ‘n politieke party, Voice of Namibia, gestig. Sy het 3 500 handtekeninge ingesamel en haar benoeming as die party se presidentskandidaat by die Verkiesingskommissie van Namibië ingedien. Die kommissie sal op 16 Oktober ‘n openbare sitting hou om die benoemings te finaliseer. Namises gee meer inligting.