Roots by Stampriet dreig met regsaksie oor wat hy as laster beskou
Die omstrede joernalis John Grobler moes ‘n sosiale media-plasing met ongegronde bewerings teen die Roots Agri-Village-projek by Stampriet verwyder. Hy het die eienaars van die projek daarvan beskuldig dat hulle die projek in ‘n piramideskema verander het, waardeur verskeie beleggers bedrieg word. Hy het ook beweer dat die stigters van Roots belowe het om 20 000 liter water per dag vir verskeie boerdery-aktiwiteite te verskaf, maar dat nie gebeur het nie met slegs een boorpermit wat deur die landbouministerie uitgereik is. Grobler is deur beide die huiseienaarsverenging sowel as die handelsmaatskappy by Roots gedreig met regsaksie. Hy is ook 24-uur gegee om die plasing te verwyder en om verskoning te vra. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomon Kalondo, een van die vennote gepraat…
Kalondo sê die ontwikkeling groei steeds.