Rooney sê sy afdanking was voortydig

Die oud-Manchester United en Engeland doelskieter, Wayne Rooney sê dit sal ‘n rukkie neem om oor die terugslag te kom nadat hy afgedank is as bestuurder van die Kampioenskap-span Birmingham City. Die 38-jarige sterspeler is in Oktober aangestel, maar kon net sorg vir twee oorwinnings in 15 wedstryde. Rooney sê hy glo nie 13 weke was genoeg om die nodige veranderings in te stel nie. Sy oorhoofse rekord as bestuurder is nie indrukwekkend nie, met net 41 oorwinnings en 73 nederlae in 152 wedstryde.