Roomys-karretjies hou lyke in Gaza koel

Lykshuise by Gaza se hospitale is reeds oorvol van slagoffers wat dood is in Israel se bombardement van die strook. Internasionale nuusagentskappe berig inwoners gebruik roomys-trokkies om oorskot koel te hou. Israel se aanvalle het op 7 Oktober begin na die dodelike aanval deur Hamas vroeg daardie oggend. Meer as 2 750 mense is reeds in Gaza dood en meeste lykshuise is vir ‘n paar dosyn lyke gebou.