Rooilyn-verskuiwing is hoog tyd: Ohangwena goewerneur

Die kabinet se goedkeuring van die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, lok steeds reaksie uit. Meeste is versigtig optimisties, mits die ingrypende stap deeglik ondersoek en beplan word. Indien nie, kan dit die land se belangrike beesvleis-uitvoere geweldig knou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, wat egter sê dis hoog tyd dat die rooilyn verskuif word.