Rooilyn: Ons is nie hier om Europa, VSA te voer nie

Swapo-wetgewer Natangwe Iithete sê het die berugte veterinêre kordonheining moet verwyder word omdat Namibië nie hier is om Europa en die VSA kos te gee nie. Hy sê dit is ‘n koloniale struktuur wat die meeste Namibiërs onderdruk. Hy sê solank as die rooilyn bestaan, sal ekonomiese vryheid vir Namibië ‘n droom bly. Hy het hierdie opmerkings gemaak tydens ‘n openbare verhoor deur die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie en Publieke Administrasie, en verteenwoordigers van die landbouministerie en die Vleisraad van Namibië. Intussen het kenners in landbou die uitdagings aan Iithete uitgewys, onder andere dat boere in die noordelike kommunale gebied vasskop teen die versterking van die grens, wat die bek en klouseer-status veroorsaak, omdat hulle hul vee oorgrens laat wei. Angola het nie beheer oor sy bek- en klouseer nie.