Rooilyn kry N$4,5m se aandag

Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het voorgestel dat 4,5 miljoen Namibiese dollar aan die landbouminsiterie verskaf word om die veterinêre kordonheining te herstel. Die heining is van kritiese belang om die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie vry van bek-en-klouseer te hou. Olifante rig veral skade aan die heining wat van oos na wes regdeur die land loop aan die suidelike grens van Etosha Nasionale Park.