Rooilyn-boere moet buffelgras kweek vir weiding

Bestaansboere in die Noorde word aangemoedig om buffelsgras te kweek om voer vir hul beeste te verseker. Op die oomblik koop die boere die gras aan by kommersiële boere. Sheuyange Tuhafeni bestuurder van die Okapya Livestock Development-sentrum, sê buffelgras word deur vee bevoordeel en boere het nie die kennis oor hoe om dit te plant en te verbou nie. Een van die doelwitte van die sentrum, is om boere van noord van die rooilyn op te lei wat nie met veeboerdery vertroud is nie.