Rooies soek borg
Oud-landdros Walter Mostert wil borg hê en is besig met ‘n aansoek by die Katutura-laerhof. Volgens wat berig word, sê hy in sy stukke dat sy saak, sedert sy arrestasie in 2015 steeds sloer en dat daar geen vordering gemaak is nie. Hy word aangekla onder die teenkorrupsie-wet vir bystand aan Suid-Afrikaners om burgerskap te bekom. Hy het ook twee keer uit aanhouding ontsnap en is die laaste keer in 2021 aangekeer in die verre Suide toe hy die land binnegekom het. Die staat sê sy verhoor op korrupsie-klagte gaan in April voort en hy is ‘n vlugrisiko.