Rooies se aansoek vlugtig vandag in die hof

Die aansoek van die oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert, om sy vervolging permanent ter syde te stel, is vandag op die mosie-hofrol voor regter Orben Sibeya. Mostert sê in sy stukke dat onder andere, die uitgerekte vertraging in sy vervolging, sowel as aantygings van meineed deur getuies, beteken hy word onwettige vervolg en sy regte word geskend. Daar is op 20 Oktober deur regter Collins Parker bepaal dat Mostert sy hoofargumente teen 4 November moet indien en dat die respondente, wat die aanklaer-generaal, die polisie en meer insluit, teen 8 November hulle hoofargumente moet indien. Die saak sal dan vandag vlugtig voorkom om dokumente uit te ruil en ‘n verhoordatum te bepaal. Maar, die respondente het teen vanoggend nog nie hulle hoofargumente ingedien nie.