Rooibekrenostervoël Birdlife SA se voël vir ’25
BirdLife Suid-Afrika het die Rooibekrenostervoël aangewys as hulle Voël van die Jaar vir 2025. Die voël word die hele jaar lank herdenk, met hulpbronne wat vir leerders beskikbaar gestel word op die organisasie se webwerf. Renostervoëls lewer ‘n diens aan hul gashere asook die algehele ekosisteem deur bosluisbevolkings te beheer. Hulle waarsku ook hul gashere wanneer gevaar dreig. Die voël is ‘n koöperatiewe teler met tot sewe helpers wat die broeipaar bystaan om hul kleintjies te versorg, wat gewoonlik in gate in bome grootgemaak word.