Rooi weerwaarskuwing vir Hollanders

Die weerkantoor in Nederland het ʼn kode rooi-waarskuwing uitgereik aan inwoners van die provinsie Noord-Holland na die storm Poly, wat reeds twee lewens geëis het. Die Schiphol internasionale lughawe in die hoofstad, Amsterdam, het meer as 400 vlugte gekanselleer en treinoperateurs het alle dienste in die provinsie opgeskort. Daar word berig miljoene mense dwarsoor die land is gewaarsku om binnenshuis te bly. Sterk wind woed ook oor die noordweste van Duitsland waar ʼn voetganger naby die Nederlandse grens dood is nadat ʼn boom op hom geval het.