Rooftogte by banke steek weer kop uit in NoordeFebruary 20, 2023
Die Namibiese polisie maan Namibiërs om versigtig te wees wanneer hulle geld by banke gaan inbetaal of trek. Volgens die jongste misdaadverslag is niemand nog in hegtenis geneem in verband met ‘n gewapende rooftog voor Bank Windhoek op Oshakati nie. Twee mense wou geld by die bank inbetaal toe twee verdagtes hulle glo met pistole gedreig, die geldsak by hulle gegryp en in ‘n silwer Toyota Corolla-motor gevlug het. Oshana-streek se polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria het besighede versoek om van veiligheidsdienste gebruik te maak en sê die polisie sal individue na die bank vergesel.