Rooftog in Walvis – vrou se bande stukkend gesteek

Die rooftog in Walvisbaai waar meer as 236 000 Namibiese dollar gesteel is, was van ‘n 60-jarige vrou wat met die kontant uit haar besigheid gestap het. Haar bande is stukkend gesteek en die sak geld is gesteel voor sy in haar motor kon klim. Die Erongo polisie se inspekteur Ileni Shapumba het meer.

Shapumba sê verder lede van die publiek moet ophou fopnuus versprei oor die vermoë van die Erongo polisie om op misdaad te reageer.