Rondloper tier gevang

Die rondloper tier wat in die omgewing van Edenvale in Johannesburg rondgedwaal het, is gevang. Die dier is naby verskeie huis op geslote-kring televisie gesien. Volgens Gary Wilson van die veiligheidsondernemings Swat SOS 24/7 is die tier opgespoor, verdoof en na ‘n wildreservaat geneem. Wilson sê dit is tans nog onduidelik aan wie die tier behoort. Dit volg op die nuus nadat die agt-jarige Sheba op 18 Januarie van kant gemaak is na sy die vorige Saterdag, op 14 Januarie ontsnap het by Walker’s Fruit Farms, ook in Johannesburg.