Ronaldo breek rekord vir meeste doele

Cristiano Ronaldo van die Al-Nassr-klub het die Saoedi-liga se rekord vir die meeste doele in een seisoen verbeter. Die 39-jarige doelskopper van Portugal het twee doele aangeteken in sy span se oorwinning van 4-2 oor Al Ittihad vir ‘n totaal van 35 doele in die liga dié seisoen. Dit is een meer as die vorige rekord van Abderrazak Hamdallah in die 2018-2019-seisoen. Ronaldo het nou 64 doele aangeteken in die 69 wedstryde wat hy vir Al-Nassr gespeel het sedert hy in Januarie verlede jaar van Manchester United oorgeskuif het.