Romeo Schiefer in die hoërhof vandag

Romeo Schiefer, wat op 24 Oktober 2013, 48 jaar tronk toe gestuur is vir die moord op sy ouers Frans en Francina op 18 Januarie 2008 is vandag op die hofrol. Hy het laat verlede jaar stukke in ‘n dringende aansoek ingedien waarin hy sê dat die polisie se prosedures tydens sy arrestasie, bekentenis en waarskuwingsproses ongrondwetlik is omdat dit sy regte geskend het. Hy vra die hof om dus dit onwettig te verklaar. Hy sê die Grondwet is geskend tydens die administrasie van geregtigheid in sy saak. Regter Eileen Rakow het die partye opdrag gegee om ‘n saakbestuursplan in te dien teen Donderdag maar dit is nie gedoen nie.