Rolstoel-tennis in Namibië bekendgestel

Die Namibiese Nasionale Paralimpiese komitee het rolstoel-tennis aan Paralimpiese
atlete bekend gestel. Binnekort sal skiet en boogskiet ook bekend gestel word. Jean-
Paul Schmidt, tesourier van die komitee, sê aan Kosmos 94.1 Nuus volgende jaar
gaan Paralimpiese fietsryers aan die Nedbank Desert Dash deelneem.