Rol van sosiale media ondersoek in Christchurch-aanval
Die ondersoek na die moskee-aanval in Christchurch sal probeer bepaal hoe die terroris, Brenton Tarrant ʼn vuurwapenlisensie bekom het en tot watter mate sosiale media tot sy radikalisering bygedra het. Die ondersoek word gelei deur die lykskouer, Brigitte Windley. Tarrant het op 15 Maart 2019 51 Moslem-aanbidders doodgeskiet. Hy is in 2020 op 51 aanklagte van moord, 40 van poging tot moord en een op die Wet op die Onderdrukking van Terrorisme tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Windley het gewys op die aansienlike struikelblokke om Tarrant se aanlynbedrywighede na te spoor aangesien hy dele van sy digitale voetspoor gewis het voor hy sy wandade gepleeg het.