Rohit Sharma is steeds toets- en eendag-kaptein

Die beheerliggaam in Indië het bevestig Rohit Sharma sal steeds die toets- en eendagspanne aanvoer nadat hy sy loopbaan in T20 internasionale krieket beëindig het toe Indië onlangs die Wêreldbeker verower het. Die 37-jarige, asook voormalige kaptein, Virat Kohli, en Ravindra Jadeja, het hulle uittrede aangekondig na die oorwinning oor Suid-Afrika in Barbados. Die Beheerraad vir Krieket in Indië sê Sharma het die land tot sy derde eindstryd die afgelope jaar aangevoer nadat hulle ook die eindstryd van die Eendag Wêreldbeker en Wêreld Toetskampioenskap gehaal het.