Rof, rowwer, slanggif

Die Indiese YouTuber Elvish Yadav is gearresteer en word aangehou omdat hy na bewering slanggif as partytjiedwelm verskaf het by kopskud partytjies of te wel raves.

Elvish, wat 15 miljoen YouTube-volgelinge aanlyn het en ook ‘n realiteits-TV-ster is, word tans aangehou ingevolge die land se regulasies rakende wildlewe.

Daar is toegeslaan op ’n partytjie wat hy in November bygewoon het en die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur. Vyf mense word ondervra op vermoede van slangsmokkelary, wat Yadav beskuldig dat hy die beweerde organiseerder van die partytjies en slanggifvoorraad is.

Yadav het al die aanklagte ontken. Nege slange, insluitend kobras, is saam met 20ml slanggif by die partytjie gekry.

Die saak het aan die lig gekom ná ‘n klag deur die dierewelsynsorganisasie People For Animals waarin beweer word dat Yadav en ander video’s met slange en slanggif geskiet het.

Volgens ‘n 2022 navorsingsartikel in die Journal of Forensic and Legal Medicine, was daar kommer oor die gebruik van slanggif  as ‘n dwelm.

“Gebruik van slanggif kan dikwels by rave-partytjies gesien word en daar was al verskeie gevalle in Indië waar slanggif as ‘n ontspanningsmiddel gebruik word.”