Rob-kwota vir 2024-seisoen bekend 

Die kabinet het die robbe-oes kwota vir die 2024-seisoen bekend gemaak. Vanaf 1 Julie tot 15 November vanjaar sal 70 000 robwelpies en 10 000 robbulle geoes mag word. Die oes is jaar op jaar uiters omstrede as gevolg van die manier wat die diere gedood word. Welpies word doodgeslaan en bulle word in die kop geskiet. Die doodmaak metode handel oor die skelet van die rob. Namibië is saam met ‘n handvol lande wat nog robbe oes en dit sluit Kanada, Denemarke in Groenland, Ysland, Noorweë, Rusland, Finland en Swede in.