Rob Jeugstigting help in hospitale, klinieke

Die nie-winsgewende organisasie die Rob Jeugstigting sal vanjaar hul energie daarop rig om nuwe doelwitte te bereik. Die organisasie is in 2019 gestig om sosiale uitdagings wat die jeug in Namibië in die gesig staar, aan te spreek en te stop. In 2024, wat deur president Hage Geingob as “die jaar van verwagtinge” gedoop is, wil die stigting meer doen om jeugwerkloosheid in die land te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het met die organisasie se stigter, Robert Maseka, gepraat oor die stigting se planne vanjaar.

Onder hul projekte tel die regmaak van 70 stukkende beddens in die Engela-staatshospitaal in die Ohangwena-streek, asook om verskeie seksuele reproduktiewe gesondheidsklinieke vir die jeug oop te maak.