RMB Namibia as beste buitelandse valuta-bank in land aangewys

RMB Namibia is aangekondig as die beste buitelandse valuta-bank in Namibië, vir Global Finance se 24ste jaarlikse “wêreld se beste buitelandse valuta-banke” aanwysings as deel van die Gordon Platt-buitelandse valuta-toekennings. Die toekenning vier uitnemendheid en innovasie in buitelandse valuta bankdienste. RMB Namibia se uitvoerende hoof, Philip Chapman, sê die prestasie weerspieël die harde werk en toewyding van hul span.