RMB-konsertfees bring uitsonderlike talent bymekaar
Die Duitse ambassade in Windhoek het sy steun aan die Namibiese Nasionale Simfonieorkes aangekondig deur die RMB-konsertfees te borg met ‘n bydrae van 5 000 euro – ongeveer 97 500 Namibiese dollar. Die fees word vanaf 17 en 18 Augustus gehou en sal die talente van jong Namibiese musikante by die DHPS Ouditorium ten toon stel. Die Konsertfees bied ‘n geleentheid vir jong Namibiese musikante wat aan die Kollege vir die Kunste of by privaat musiekonderwysers studeer om saam met ‘n volle orkes en voor ‘n groot gehoor op te tree. Vanjaar verwelkom die Namibiese Nasionale Simfonieorkes weer vir Xavier Cloete as dirigent. ‘n Raadslid van die Namibiese Nasionale Simfonieorkes, Irmgard Rannersmann, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid gesels.