Riviervlakke kommerwekkend laag

Die stand van riviervlakke in die land lyk tans maar power. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend ‘n watervlak van 1.37m aangeteken. Die watervlak is laer as dieselfde tyd verlede jaar op 3,92m. Die Okavangorivier-watervlak by Rundu het vanoggend op 5.37m gebly en is laer as dieselfde tyd verlede jaar waar dit gemeet is op 6.01m.  Die Kunenerivier by Ruacana het ‘n vloei van 300 kubieke meter per sekonde aangeteken wat beteken dat kragopwekkings vermoeë‘n bekommernis is, aangesien daar verlede jaar die tyd ‘n vloei van 882 kubieke meter per sekonde aangeteken is. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrif aan die Benede-Oranjerivier het onderskeidelik 0,75 m en 0,63 m aangeteken.