Riviervlakke in Noordooste styg

Die Okavangorivier by Rundu het vanoggend ‘n invloei van 358 kubieke meter per sekonde aangeteken nadat dit effens gestyg het van 5,98 meter Dinsdag tot 6,01 meter vandag. Volgens die vloedbulletin het die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo effens toegeneem van Dinsdag se lesing van 3,91 tot 3,92 meter vandag, met invloei van 2 086 kubieke meter per sekonde. By Ruacana is waargeneem dat die invloei by die Kunenerivier effens afgeneem het van 982,4 kubieke meter per sekonde Dinsdag tot 882 kubieke meter per sekonde vandag. Die invloei is tien keer hoër as verlede jaar dieselfde tydperk, wat 83,40 kubieke meter per sekonde was.