Riviere vertoon steeds goed

Die Namibiese Hidrologiese sê die vlak van die Zambezi-rivier is tans op 1,70 meter, effe hoër as die vorige dag maar steeds uiters laag vergeleke met die meer as 5 meter wat verlede jaar aangeteken is. By Rundu vloei die Okavango-rivier teen 5,6 meter. In die Suide is Blouputs in die Oranje op 0,66 meter gemeet met Sendelingsdrif wat op 0,74 meter staan. Die aanleg by Ruacana genereer goed elektrisiteit met die Kunene wat net meer as 312 kubieke meter per sekonde vloei teenoor 185,7 verlede jaar.