Rivier vlakke in Namibië nie positief

Rivier vlakke in die land bly kommerwekkend laag. Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo het vanoggend op 2,05m gebly. Die watervlak is baie laer as dieselfde tyd verlede jaar op 4,63m. Die watervlak van die Okavango rivier by Rundu daal geleidelik en is vanoggend op 4,76m aangeteken. Hierdie vlak is egter hoër as die 4,58m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die Kunenerivier-vloei by Ruacana het vanoggend tot 157,7 kubieke meter per sekonde afgeneem. Dit is heelwat laer as hierdie tyd verlede jaar, toe dit teen 241,10 kubieke meter per sekonde gevloei het. Die Benede-Oranjerivier vlak by Blouputs en Sendelingsdrift het tot onderskeidelik 0,35m en 0,23m gedaal.