Rivier-vlakke by Ruacana verbeter weer

Die vlakke van die Kunene-rivier by die Ruacana hidroëlektriese aanleg verbeter steeds. Op die oomblik word vloei van 334,5 kubieke meter per sekonde aangeteken. Dit is ‘n verbetering op die vlakke van 268,8 kubieke meter per sekonde wat op 7 April aangeteken is en baie beter as die skamele 47,6 kubieke meter per sekonde op 1 Maart. Sonder vloei kan die Ruacana-aanleg nie krag opwek nie. Daar is ook nie ‘n bergingfasiliteit nie.