RIV Internet Explorer
Die rekenaar-reus Microsoft sê hy sal sy Internet Explorer funksie verwyder, 25 jaar na dit geskep is. Verbruikers verkies Google Chrome en Apple se Safari-programme. Die maatskappy sê sy Edge funksie op Windows 10 sal die toekomstige Explorer wees. Op die stadium het Chrome van Google 65 persent van die mark met Apple op 19 persent. Firefox het 3,6 persent en Edge, 3,4 persent.