RISE sê ANC-jeug gebruik staatsfondse
RISE Mzansi se Jeugstudentebeweging beskuldig lede van die ANC Jeugliga, wat leiers insluit soos Collen Malatji, dat hulle openlik die misbruik van staatsbronne steun vir die ANC se verkiesingsveldtog. Lawrence Manaka van RISE Mzansi sê om die verspreiding van staatsbronne te beperk tot ‘n spesifieke politieke groepering is teenstrydig met die fundamentele beginsels van die demokrasie. Hy voeg by sulke optrede verdiep verdeling en laat ongelykheid voortleef.